Archive for the ‘Afrikaans’ Category
by DKP on Jan 13th, 2012

Diane Victor is so ‘n interessante kunstenaar, volgens Johan Myburgh, kunsredakteur van Beeld, omdat sy ‘n mens altyd verras met haar tegniek en temas. Myburgh het op die radioprogram RSG-kuns dié kunstenaar se werk bespreek.
In Victor se uitstalling Ashes to Ashes and Smoke to Dust, wat tans by die Universiteit van Johannesburg Kunsgallery te sien is, werk sy met die eksperimentele mediums rook en as.
Victor het op RSG-kuns gesê dat sy deur uitdagings gedryf word. “As iemand vir my sê dat ek iets nie kan doen nie, probeer ek dadelik ‘n manier vind om dit te doen,” sê sy. Luister na die potgooi:
Boekbesonderhede
Foto te danke aan Liz at Lancaster
» read article
by DKP on Apr 20th, 2011

Toe die kunstenaar Deborah Bell aan die vier meter hoë bronsbeeld van Diana, getiteld Artemis with Dog I, II & II, begin werk het, het “mense net die kop geskud – amper soos met Noag van ouds”.
Dit was net iets wat sy móés doen, het Bell aan Janice Keogh gesê. Die kunstenaar het egter self nie besef hoe groot en anders die beeld as haar vorige uitbeeldings van Diana sou wees nie. Sy was aangenaam verras. “Ek weet nooit hoe my werk gaan lyk wanneer dit klaar is nie, en dít is hoekom ek my met kuns ophou. Dit gaan oor die avontuur.”
Artemis with Dog I, II & III, en sowat 70 ander kunswerke deur Bell, is tans by die Circa- en Everard Read-galerye te sien.
In die linkerhoek van die galery staan sy by haar honde. Gewapen en reus- agtig. Diana.
Sy troon bo die besoekers uit en oortref almal, haar skepper inkluis, se liggaamsgewig met byna ’n ton.
Maar die hande wat haar geskep het is fyn, die kunstenaar petite. Deborah Bell is ’n klein vrou – byna miniatuur in die skadu van haar grootse skepping. “Ek is soms geskok om te sien hoe ek op foto’s in vergelyking met ander lyk. Maar miskien is dit my lengte wat veroorsaak dat ek dinge anders sien,” het sy vroeër aan die joernalis Robyn Sassen gesê.
Boekbesonderhede
Foto te danke aan Beeld
» read article