
Toe die kunstenaar Deborah Bell aan die vier meter hoë bronsbeeld van Diana, getiteld Artemis with Dog I, II & II, begin werk het, het “mense net die kop geskud – amper soos met Noag van ouds”.
Dit was net iets wat sy móés doen, het Bell aan Janice Keogh gesê. Die kunstenaar het egter self nie besef hoe groot en anders die beeld as haar vorige uitbeeldings van Diana sou wees nie. Sy was aangenaam verras. “Ek weet nooit hoe my werk gaan lyk wanneer dit klaar is nie, en dít is hoekom ek my met kuns ophou. Dit gaan oor die avontuur.”
Artemis with Dog I, II & III, en sowat 70 ander kunswerke deur Bell, is tans by die Circa- en Everard Read-galerye te sien.
In die linkerhoek van die galery staan sy by haar honde. Gewapen en reus- agtig. Diana.
Sy troon bo die besoekers uit en oortref almal, haar skepper inkluis, se liggaamsgewig met byna ’n ton.
Maar die hande wat haar geskep het is fyn, die kunstenaar petite. Deborah Bell is ’n klein vrou – byna miniatuur in die skadu van haar grootse skepping. “Ek is soms geskok om te sien hoe ek op foto’s in vergelyking met ander lyk. Maar miskien is dit my lengte wat veroorsaak dat ek dinge anders sien,” het sy vroeër aan die joernalis Robyn Sassen gesê.
Boekbesonderhede
Foto te danke aan Beeld