Potgooi: Diane Victor gesels oor haar eksperimentele benadering tot kuns
Diane Victor is so ‘n interessante kunstenaar, volgens Johan Myburgh, kunsredakteur van Beeld, omdat sy ‘n mens altyd verras met haar tegniek en temas. Myburgh het op die radioprogram RSG-kuns dié kunstenaar se werk bespreek.
In Victor se uitstalling Ashes to Ashes and Smoke to Dust, wat tans by die Universiteit van Johannesburg Kunsgallery te sien is, werk sy met die eksperimentele mediums rook en as.
Victor het op RSG-kuns gesê dat sy deur uitdagings gedryf word. “As iemand vir my sê dat ek iets nie kan doen nie, probeer ek dadelik ‘n manier vind om dit te doen,” sê sy. Luister na die potgooi:
- Laai dit nie? Luister op RSG
Boekbesonderhede
- TAXI-013: Diane Victor deur Karen von Veh
Boek se tuisblad
EAN: 9780958497589
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Foto te danke aan Liz at Lancaster









Please register or log in to comment